LAAT ONS GESTREMDE LANDGENOTE ONS DIERERYK BELEWE

Ons groot trots is die verskeidenheid van taksidermie trofeë geskenk deur
Mr. Wikus Marais van Potchefstroom
(Ons wag in spanning vir ander trofeë wat deur verskeie individue en instansies aan ons belowe is)
Die Vriende van die Pretoria Dieretuin gee die publiek en die sakewęreld egter nou die geleentheid om by ‘n projek vir gestremdes betrokke te raak wat, huidiglik, die enigste van sy soort is.
Die Pretoria Vriende beplan om deur middel van gemonteerde taksidermie trofeë blindes en ander gestremdes die ervaring van ‘n besoek aan die dieretuin te gee wat so na as moontlik sal wees aan die gewaarwording van die nie-gestremde besoeker.
Blindes sal nou vir die eerste keer die geleentheid hę om byvoorbeeld die pels van ‘n wilde dier te kan vryf en om te kan voel vir die besonderheid om die ore en die oë en om die algemene gevoel van die voorkoms van die dier te ervaar.
Om ‘n dier te
Die Vriende van die Dieretuin dink selfs daaraan om serebraalgestremde persone te vra om te help met die voorbereiding van die uitstalling en dat die onderwysers van gestremdes as gidse sal optree.
Verskeie navrae is reeds van reisagentskappe en van buitelandse toeriste ontvang. Om hierdie uitstalling op węreldstandaard te bring, word fondse benodig vir noodsaaklike uitgawes soos plante vir versiering, klanktoerusting, braille-onderskrifte op staanders en aluminiumplate, publikasies en publisiteit in braille, personeel, gidse, tolke en reklame.

Rooiduikertjies, ‘n rammetjie en
ooitjie. Ystervark
Die Pretoria Vriende doen ‘n beroep op veral die sakewęreld om donasies te maak. Donateurs kan kies waarvoor hulle donasies aangewend word, soos byvoorbeeld om ‘n spesifieke uitstalling in te rig, ‘n rolstoel of ‘n medalje te borg of om die kostes te dra vir die vervaardiging van klankmateriaal. Donateurs sal ook vooraf ingelig word oor presies hoeveel blootstelling en reklame hulle sal geniet.
Daar word nog baie diere, visse, reptiele en voëltrofeë benodig. Taksidermiste en privaat versamelaars word genooi om hulle trotse handewerk van trofeë te kom uitstal. Vroegtydige reëlings moet egter getref word om vir genoeg spasie voorsiening te maak. Daar word ook beoog om prysgeld uit te loof vir die beste trofeë.
FINANSIËLE BEHEER
Die Vriende van die Pretoria Dieretuin is ‘n Artikel 21 Maatskappy en sal volle beheer oor die projek en finansiële uitgawes uitoefen. Die boeke sal jaarliks geouditeer word en finansiële state sal voorgelę word.
Die Direkteur en Bestuur van die
Voornemende donateurs of persone wat meer
inligting verlang, kan die Vriende
se voorsitter, mnr Hennie Pauley, skakel by tel. (012) 804 0113 of op sy
selfoon 083-303 0022.
_______________________________________________________________________