![]() |
|
![]() |
|
|
|
![]() |
|
![]() |
|
|
|
![]() |
Kameelperd
Die naam "kameelperd" kom van die Nederlandse "kameelpaard", wat van Latyn se "camelopardus" afkomstig is. Dit beteken "kameelluiperd" omdat die dier soos 'n kameel lyk, maar vlekke soos 'n luiperd het. Die kameelperd was vroeër bekend as die "wildeperd". Kenmerkend van die kameelperd is sy lang bene en nek met net soveel nekwerwels as die mens, maar elkeen van die werwels is 28cn lank! Die nek alleen kan meer as 270kg weeg. 'n Poot is so groot soos 'n sopbord met 'n deursnee van 20cm, soms tot 30cm. Die baie lang swart of blouswart tong kan tot 50cm lank wees (dis 'n halwe meter). Sy pels is geelwit met ligbruin blokke wat met ouderdom verdonker. Op die kop is twee horinkies en op die nek, kort maanhare. Die kameelperd se longe kan elkeen 55 liter lug bevat en die hart wat 12kg weeg klop gemiddeld 66 keer per minuut - elke kameelperd het sy eie unieke identiteit. Een akasia-spesie is na die kameelperd vernoem en party sade ontkiem net na dit deur die kameelperd se spysverteringstelsel gegaan het.
Buffel
Die woord buffel kom via Portugees of Italiaans van die Latynse woord bufalus, afgelei van die Griekse boubalos wat "gasel" beteken. Die groot beesagtige dier het by altwee geslagte groot grys horings met 'n aaneenlopende basis wat oor die voorkop strek. Die ore sit onder die horings, laer as die oë. Jong diere het 'n ligte rooibruin kleur wat verdonker met ouderdom tot'n swartgrys kleur. 'n Buffeltrop kan in die droeë seisoen tot 27km per dag aflê van hulle weiplek tot by 'n waterbron. 'n Volwasse dier kan tussen 60 en 80 liter water per dag drink. Buffels is daglewend maar wei ook tot na donker. Hulle reuk sintiog is baie goed, maar hoor en sien swak. Die buffel is 'n baie aggresiewe dier en sal leeus aanval wanneer daar 'n aanval op die trop geloods word, selfs jagters se lewens is soms in gevaar wanneer 'n buffel gekwes word. Die eerste dieretuin buite Afrika wat die Afrika-buffel vertoon het, was die Londense dieretuin in 1839.
Jagluiperd ![]() Die jagluiperd is vernoem na sy jaggewoontes en die feit dat dit soos ‘n luiperd lyk. Ander Afrikaanse name is “vlaktetier” of “jagtier”. Die skraal dier wat amper soos ‘n windhond lyk kan om 7 tot 8 meter met ‘n enkele haal aflê met ‘n snelheid van tot 112 km/h. ‘n Volwasse jagluiperd het ‘n geel of ligbruin pels wat oortrek is met soliede ronde kolle, op die wit pens en keel is geen kolle. Jagluiperds het ook ‘n kenmerkende “traanmerk” wat vanaf die oë tot by die mondhoeke strek, die doel van die “trane” is om die Afrika-son se strale minder skerp te maak. Die neusgate is groot om reuse happe lug te kan inasem om sy groot longe te vul in ‘n jagtog. Hulle is ook die enigste kat wat nie sy kloue kan terug trek nie en voorsien dan stewige vastrap wanneer hy sy prooi jaag. Daar is ongeveer 9 000 tot 12 000 jagluiperds oor in die natuur. Die meeste van hulle (2 500) is in Namibië. ‘n Mens sien gereeld die jagluiperd op ‘n termiet hoop of ‘n boomstomp staan en uitkyk, die rede hiervoor is omdat die jagluiperd staat maak op sig meer as enige ander sintuig wanneer hy jag. Bekende jagluiperds wat ons almal ken is die Vrystaatse Rugbyspan wat bekend is as die Vrystaatse Cheetahs. Olifant
|
|
|
||
![]() |
![]() |
|
|||