VRIENDE VAN DIE PRETORIA NASIONALE DIERETUIN
 

 

 


                                             ARTIKEL 21 MAATSKAPPY

                                        DIREKTEURE:   JH PAULEY / JAN WINDT    

Reg Nr : 2004/022575/08

 

Firma naam

adres                                                                                                                                                                                                   ......../.........../2006

 

Geagte Mnr/Me

 

                                                   DIERERYK ERVARING MET DIE VRIENDE VAN DIE NASIONALE DIERETUIN VIR ONS

                                                                                       GESTREMDE GEMEENSKAP

 

Onthou u nog die opgewondenheid van `n eerste ondervinding toe u met die diereryk in hul   natuurlike staat kontak gemaak het.

Om die genot en plesier op iemand se gesig waar  te neem wanneer hierdie wonderwêreld ontdek word.....

 

Hier is vir u `n geleentheid om te help dat iemand die wonder belewenis van ons diereryk ondervind en deel  word daarvan.

 

Die Vriende van die Nasionale Dieretuin van Suid Afrika in Pretoria is besig met `n unieke projek met die doel om mense met sig-, gehoor- en serebraalgestremdhede, meer te leer oor ons Diereryk.    Dit bied hierdie spesiale gemeenskap van ons die geleentheid om die diere te leer ken deur hulle aan te raak en te beleef hoe die diere voel, van die kleinste wildspesie tot die grootste in ons diereryk.   Hierdie taksidermietrofeë bring die wildlewe direk na hulle ervaringswêreld en sal alle sintuie van die gestremdes aanraak.

 

Fase een behels die opening van die uitstalling gedurende die laaste twee weke van Oktober 2006.  Die beraamde koste vir die opening van die uitstaling sal ongeveer R150 000-00 wees.

 

Fase twee sal begin sodra die finansies beskikbaar is en sluit in die restorasie van die historiese gebou in die Pretoria Nasionale Dieretuin, om as permanente tuiste vir hierdie trofeë te dien.   Die beraamde koste volgens die Argitek beloop ongeveer R500,000 tot R600,000.

 

Om bogenoemde  moontlik te maak vir die uitstalling in Oktober, benodig ons nou die volgende:

 

U finansiële ondersteuning deur borgskappe van die projek, sal hierdie Spesiale mense die geleentheid gee om meer omtrent diere te leer, wat vir hulle voorheen nie beskore was nie.   In ruil vir u waardevolle bydrae, sal alle borge erken word en die hoofborge sal toegelaat  word om mede aanbieders van hierdie projek te wees en sal alle blootstelling kry saam met Die Vriende  van die Dieretuin.

 

Die volgende word nog benodig:

1.                   Plante

2.                   Staanders vir die Taksidermie trofeë.

3.                   Beligting by die staandersom die trofeë te verlig.

4.                   Die klankopnames van die verskeie diere geluide sal op band opgeneem en gespeel word.

5.                   Vergoeding vir gidse en tolke.

6.                   Fondse vir die opgradering en onderhoud van die bestaande taksidermie trofeë.

7.                   Enige moontlike bydraes in die vorm van hulpverlening of donasies vir die uitstallingsprojek

                sal baie waardeer word.

BANKBESONDERHEDE:

REKENING NAAM :  VRIEND VAN DIE PRETORIA NASIONALE DIERETUIN

BANK                     :  ABSA  (SILVERTON TAK)

REKENINGNOMMER:     40 61 61 7383

 

Laat ons asseblief hierdie projek aan u voordra en raak betrokke by hierdie lewensverreikende geleentheid, wat die eerste van sy soort sal wees.

 

Die uwe.

Hennie Pauley

083 303 0022

Voorsitter: Vriende van die Pretoria Nas. Dieretuin