|
Opwindende projekte :
Die Pretoria Vriende is deurlopend besig om aan verskeie bewaringsprojekte te werk. Byvoorbeeld Projek Opkikker, wat ten doel het om die Dieretuin van indringerplante te suiwer. Die Kwekery Projek help met die uitplant van plante in die Dieretuin se kwekery.
Ander projekte waartoe u 'n bydrae kan lewer, is bemarking, fondsinsameling en promosiedae. 'n Volledige lys van projekte is:
1. Kruietuin: Hulp met uitleg van kruietuin vir die blinde.
2. Projek Opkikker: Bystand met spesiale projekte onder leiding van Dieretuin personeel.
3. Spyseniering: Hulp met spyseniering op Spesiale Dae.
4. Bemarking & werwing van nuwe lede.
5. Spesiale dae & promosies: soos die Kerssangaand.
6. Toere: Organiseer veskeie toere vir die Vriende regoor Suid-Afrika en ander Afrikalande.
7. Vriende Pretstap: Hulp met organisering daarvan.
8.
Addisionele projekte.
|