|
Word deel van ons familie:
Die oomblik wat u 'n lid van die Vriende van die Dieretuin word, is u deel van 'n baie spesiale familie: mense wat lief is vir die natuur en wat brand om iets vir ons diere- en plantlewe te doen, wat die natuur wil geniet en behoue wil laat bly vir die kinders van more! As 'n Vriend sal u die Dieretuin help met sy reuse taak om die natuurlewe te bewaar en om bedreigde spesies te teel wat daagliks in hulle natuurlike omgewing uitsterf.
Ontdek ons diereryk :
Vriende kan ons dierewêreld ontdek met spesiale voordele soos drie GRATIS BESOEKE aan die dieretuin (wat Akwarium en Reptielpark insluit, en een besoek elk aan die Potgietersrus en die Lichtenburg Wildteëlsentrums en die Emerald Animal World).
Ten minste vyf EKSKLUSIEWE FUNKSIES word ook op 'n jaarlikse basis vir die Vriende aangebied. U NUUSBRIEF sal u ook op hoogte hou van alle nuusgebeure. U lidmaatskap beteken ook dat u kwalifiseer vir 'n verlaagde registrasiefooi by die maandelikse VRIENDE PRETSTAP.
Word vandag 'n Vriend :
Individuele Lidmaatskap: R60.00
Familie Lidmaatskap: R150.00*
* Familie Lidmaatskap bestaan uit twee volwassenes en drie kinders onder 16 jaar oud. 'n Bedrag van R15.00 is betaalbaar vir elke addisionele kind.
Kliek HIER as jy by Vriende van die Dieretuin wil aansluit.
|